Alika Nieuwoudt het ’n spesiale eerbewys ontvang van die Rise and Shine-dagsorgsentrum vir die werk wat sy daar doen. By die oorhandiging is, van links, Dawie Diedericks (Montana-skoolhoof), Mornicia Conradie (Rise and Shine se borrelende 8-jarige ambassadeur) en Alika. Foto:


’n Graad 11-leerder van die Hoërskool Montana is besig om haar merk in die gemeenskap te maak.

Alika Nieuwoudt het van ’n skooltaak in 2016 vir die vak lewensoriëntering (waar graad 10-leerders altesaam tien uur gemeenskapsdiens by enige instansie van hul keuse moes doen), gevorder na waar dit vir haar ’n liefdestaak geword het en iets waarmee sy nou nog voortgaan.

Alika het besluit om die dagsorgsentrum Rise and Shine van die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (VPG) mooi te maak.

Hier is reeds deur die jaar klaskamers uitgeverf, opvoedkundige speelgoed aangekoop, klaskamers mooi gemaak, ’n sandput gebou, en mure op die speelterrein – met die hulp van Montana se VCSV-leerders – geverf. Nou is sy besig met die oprigting van ’n nuwe klimraam.

Met die hulp van verskeie instansies en die borgskappe van verskeie ondernemings op die dorp, het Alika se visie vir Rise and Shine gestalte begin kry.

Deonie Basson van die VPG het tydens ’n saalbyeenkoms ’n sertifikaat aan Alika oorhandig met die bewoording: Most Valuable Person to Breede Valley Association for Persons with Disabilities: In recognition of the time and effort spent helping our children”.

Vra ’n mens vir Alika wat die rede is vir hierdie liefdestaak van haar, antwoord sy: “Hoekom kan ons wat normaal is, in goeie omstandighede en mooi klaskamers onderrig kry en die spesiale kindertjies moet met minder tevrede wees?

“Ek het soveel om voor dankbaar te wees, dit is maar my manier om iets spesiaals te doen vir ander.”

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Standard E-Edition 15 January 2026
    Standard E-Edition 15 January 2026

Gift this article