Dié jong vrou van die Hoërskool Breërivier (HB) wil haarself vanjaar “ontdek”. Elouise Jonkers, HB se topmatrikulant van 2021, glo harde werk en toegewydheid is die rede vir haar sukses in die matriekeindeksamen.
Sy sê haar ma is haar grootste rolmodel omdat sy ’n baie sterk vrou is. “Die inperking het my kans gegee om meer tyd aan my studies te bestee en meer te fokus.”
Sy beplan om vanjaar rekeningkunde aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) te studeer.