Hierdie week se toonhuis, wat bemark word deur ATM Eiendomme, is geleë in ’n boomryke straat in die gewilde Van Riebeeckpark-woonbuurt.
’n Tuin, wat ’n lushof is vir die oog, verwelkom jou by die voordeur.
Die voorportaal en die oopplan-sit-eetkamer sluit bymekaar aan en die hoë plafon skep die gevoel van ekstra ruimte in die huis.
Die drie slaapkamers het ingeboude kaste en houtvloere, en word beveilig deur ’n sekerheidshek. Daar is twee badkamers en die en suite-badkamer is afgerond in ’n Victoriaanse styl.
’n Goed toegeruste kombuis, wat ook ruimte bied vir ’n groot tafel om gesellig te kuier, lei na die familiekamer met ’n ingeboude braai.
Verder bied hierdie woning ook ’n omheinde swembad-area en ’n dubbel-motorafdak. Twee aparte woonstelle met ’n private ingang dien tans as ’n goeie huurinkomste of kan ook vir gaste benut word.
Bel Barbara by 084 517 6478, Neréna by 083 635 4252, Zurike by 076 790 5515 of die ATM-kantoor by 023 347 1717 om ’n afspraak te maak vir besigtiging.