Hexvallei-leerders blink uit met pryse

Leerders van die Hoërskool Hexvallei is onlangs by die skool se prysuit­deling vir akademiese, kulturele en sportprestasies vereer.


Leerders van die Hoërskool Hexvallei is onlangs by die skool se prysuit­deling vir akademiese, kulturele en sportprestasies vereer.

Die tema wat deurgaans herhaal is, is die belangrikheid van toewyding en deursettingsvermoë om sukses te behaal.

Die beheerliggaam het die onder­wysers verras deur aan elkeen ’n sertifikaat te oorhandig as blyk van waardering vir hul bydrae tot die sukses van die Hoërskool Hexvallei.

Deur die loop van die aand is die gehoor getrakteer op uitvoerings van leerders wat by die kunstefees uitstekend presteer het. Chrystan Wagenstroom met haar gedig (100%), Alluta Mfatwana met ’n pragtige sangitem (90%) en Graydon Mentoor wat die gehoor laat skaterlag het met sy monoloog (97%) was onder die vermakers. Neagan Mentoor het ook uitstekend presteer deur 99% vir sy monoloog te behaal.

Die top- akademiese leerder in matriek is Marcelle Cronjé. Garren Esau ontvang die merietebeker en is ook die matriekseun met die hoogste akademiese prestasie. Die laerskool se merietebeker gaan aan Cara Smith terwyl sy en Gerhard du Toit onderskeidelik die topleerders vir meisies en seuns is.

Die sportvrou van die jaar vir die hoërskool is Casey-Lee Pieterse, terwyl Cee-Jay Petersen en Chahim Kok die hoërskoolbeker vir sportman van die jaar deel. Die laerskool se sportman en sportvrou is Griffin Pieterse en Janke Olivier. Sertifikate wat ook aandag getrek het, was die twee vir verdienstelikheid aan Linkin Swem (laerskool) en Jeandra Maans (hoërskool). Die sertifikate vir persoonlikheidsontwikkeling en vir voorkoms en houding is onderskeidelik aan Jamian Fisasie en Esteronia Arendse, albei graad 12-leerders, toegeken.

Hoërskool Hexvallei is trots op elke leerder wat ’n prys ontvang het.

You need to be Logged In to leave a comment.