In die Witzenberg-munisipaliteit, het 817 kandidate in die 2020 matriekeindeksamen deelgeneem. ’n Totaal van 531 kandidate het geslaag en ’n slaagsyfer van 64,9% is aangemeld.
Charlie Hofmeyr Hoërskool is die uitblinker in die munisipaliteit met 103 kandidate wat hier hul matriekeindeksamen afgelê het. Die skool het ’n slaagsyfer van 97,1% behaal.
Die ander skool in Ceres, Ceres Sekondêr het ’n slaagsyfer van 60,9% behaal. In 2019, was die skool se slaagsyfer 82,1%.
Hoërskool Bella Vista het ’n slaagsyfer van 55,1% behaal.
Tulbagh Hoërskool het ’n slaagsyfer van 96,6% behaal. Die skool het 29 kandidate gehad. Hoërskool Waveren het 63 kandidate vir die matriekeindeksamen geregistreer en net 23 kandidate by die skool kon slaag. Die slaagsyfer vir die klas van 2020 is 36,5%.
Wolseley Sekondêr het ’n slaagsyfer van 78,3%.
Hoërskool Bella Vista het een van die grootste matriekgroepe in die streek gehad met 136 kandidate. Hulle het ’n slaagsyfer van 55,1% behaal.
Iingcinga Zethu Sekondêr het ’n slaagsyfer van 53,8% behaal en Skurweberg Sekondêr het ’n slaagsyfer van 62,3% in 2020 behaal.