Hoërskool Tulbagh se bouprojek, wat ongeveer R40 miljoen beloop, sal na verwagting vroeg in die nuwe jaar voltooi wees. Die projek het verlede jaar in November begin. Die nuwe aanbouings sluit 10 nuwe klaskamers, twee toilette vir seuns en meisies en een vir gestremdes in. ’n Boorgat is gesink en die water sal gebruik word vir spoelwater vir die toilette en om die skool se tuin nat te lei. Die skoolsaal word as deel van die projek opgradeer en die personeel en leerders is opgewonde oor die nuwe fasiliteite wat hulle binnekort sal kan geniet. Die bouspan is onder andere Ralton Fisher, Stephanus Snyders (senior terreinbestuurder), Amy Booysen, Natasha Mitchell, Henriette Apollis, David Fredericks, Brent Hanslo en Nathan Fredericks. Foto: Peter Luitjies


Hoërskool Tulbagh sien uit om bouprojek te voltooi

You need to be Logged In to leave a comment.