Hoërskool Waveren blink uit in Conquesta-olimpiade

Die Conquesta-olimpiade en juffrou Maureen Demas het al sinoniem geword by die Hoërskool Waveren op Tulbagh.


Die Conquesta-olimpiade en juffrou Maureen Demas het al sinoniem geword by die Hoërskool Waveren op Tulbagh.

Sy is die een opvoeder wat hard werk agter die skerms sodat leerders elke jaar aan die Conquesta-olimpiade kan deelneem.

Vanjaar se groep het 70 persent en hoër gekry by 2016 se olimpiade. Hulle het onderskeidelik diplomas ontvang in platinum, diamant en goud.

Die presteerders is Kiara Adams (Afrikaans, Afr.) 80%, sosiale wetenskappe (SW) 83% en wiskunde (80%), Aleatichia Hendricks (Afr. 83%, Eng. 70%), Angeline Christians (Afr. 80%), Farren Coetzee (Afr. 70 %, Eng. 70%), Mia Buttress (Afr. 70%, natuurwetenskappe en tegnologie (NWT) 76%), Dannaleen Abrahams (NWT 80%), Franzonia van Wyk (Afr. 80%), Ethan Roberts (Afr. 77%, Eng. 80%, wisk. 80% en NWT 90%), Riaat van der Merwe (Afr. 80%), Curtley Schippers (Afr. 78%), Adnezel Schippers (Eng. 72%), Lakesha Pedro (Afr. 86%), Franita Daniëls (Afr. 70%), Macneil Patience (wisk. 80%,), Veronique Fikster (Afr. 77%, NWT 70%, LV 87%) en Aluve Kroza (NWT 73%).

Die skool, opvoeders en die gemeenskap is besonders trots op die groep leerders.

You need to be Logged In to leave a comment.