Worcester Gimnasium se eerste seunshokkiespan het aan die Spur International Brothers-toernooi deelgeneem.
Dit is ’n baie groot eer om na hierdie toernooi genooi te word aangesien slegs 24 spanne daaraan deelneem.
Die span het baie goed presteer en het negende uit altesaam 24 spanne geëindig, waarvan 25% internasionale spanne was.
Die seunspan van Worcester Gimnasium beklee ook tans die 19de plek op die SA Skole-seunshokkie-ranglys.