Die Hoërskool Hexvallei het ’n nuwe besturende studente-beheerliggaam (SBL) ná ’n deursigtige proses verkies.
Die groep kandidate het hulle in die hoop om ’n meer verteenwoordige liggaam aan die stuur van die skool te sit, beskikbaar gestel.
“Ons is bly dat ons verkies is en sien daarna uit om die skool met trots te verteenwoordig. Die SBL is voorheen oorheers deur mense wat nie na al die belange van die skool omgesien het nie,” het die ouer-komponent aan Standard gesê.
Die sewe lede van die SBL is: Nigel Ranchod, Alton Koenze, Pat Marran, Adam Blankenberg, Juben von Willingh, Mark Bantam en Madelane Titus.
“As die nuutverkose SBL onderskryf ons die beginsels van inklusiwiteit, deursigtigheid, uitnemendheid en billikheid.”
Die groep meen elke kind is belangrik en die belange van die kind, die skool en skoolgemeenskap moet altyd eerste kom.
Die skool se verkiesingsproses was een wat groot debat onder ouers ontlok het.
“Dit is gesond vir ’n ouergemeenskap om so in ’n verkiesingsproses betrokke te wees, maar ongelukkig was daar ook diegene wat verdagmakery ’n faktor tydens die proses gemaak het. Die Griekse filosoof Heraclitus het gesê verandering is onvermydelik. Verandering van die beleid is vir ons hoog op die sakelys. Dit sal verseker dat ons die beste moontlike leeromgewing vir ons leerders skep.”
Volgens die SBL se skrywe aan Standard is die verkiesingsproses byna ontspoor omdat die kiesersrol nie in pas met die toelatingsvereiste van die skool was nie.
“Vir ons is dit belangrik om die behoeftes van die skool die hoof te bied en dit doeltreffend te doen. Ons hoop om die ondersteuning van ouers en ander rolspelers aan ons kant te hê om ’n invloed te hê.”