HTS Drostdy spog met ’n 2016-matriekslaagsyfer van 100%.

Wat dié prestasie nog meer besonders maak, is dat 100% van die skool se matrieks aan ’n tersiêre instelling kan gaan studeer.

Altesaam 12 matrieks het gemiddelde A-simbole behaal. Die toppresteerder, Nelmarie Claassen, het ’n gemiddeld van 91,5% met A’s in al sewe vakke. Carmen Victor, wat in die tweede klasposisie staan, het agt A’s behaal.

Die beheerliggaam wens elke matriek geluk met die besondere prestasie.

You need to be Logged In to leave a comment.