HTS Drostdy wen die bloedskenk-kompetisie

Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het opvoedkundige instansies genooi om mekaar uit te daag om te kyk wie die meeste eenhede bloed kan skenk.


Die Wes-Kaapse Bloeddiens (WKB) het opvoedkundige instansies genooi om mekaar uit te daag om te kyk wie die meeste eenhede bloed kan skenk.

Hierdie jaarlikse veldtog, die Battle of the Blood Donors, is ’n poging om bloedskenkings in ’n sekere tydperk te verhoog asook om nuwe skenkers aan te moedig. Vanjaar het die stryd van 2 April tot 23 Mei geduur en die uitslae was verbysterend.

’n Netjiese 28 uitdagings was deel van die stryd en 56 opvoedkundige instansies in die Wes-Kaap het deelgeneem.

Altesaam 939 nuwe skenkers is geregistreer en ’n hele 3 037 eenhede bloed is in dié tydperk ingeneem.

Nie minder nie as 4 362 mense het die klinieke besoek met die hoop om deel van die projek te kon wees. Dit is ’n merkwaardige verbetering sedert 2018 en bevestig die toewyding en positiewe gesindheid van die jeug in die Wes-Kaap.

Candice Sinclair, die bemarkingsbeampte van WKB, sê hulle is onbeskryflik ingenome met die leerders van Drostdy wat met hul 115 eenhede die lewe van tot 345 mense gered het.

Die WKB benodig daagliks 700 eenhede om in die behoefte van pasiënte in die Wes-Kaap te voorsien, maar minder as 1,5%van die provinsie se bevolking skenk bloed.

Dit is altyd ’n uitdaging en daarom ontsettend belangrik dat die jeug aangespoor word om bloed te skenk, want “skenkers red lewens”.

You need to be Logged In to leave a comment.