ALLEENMANDAAT: Seeff bied hierdie week ’n tweeslaapkamerwoning, onder R750 000, met ’n paar verassings aan.
Hierdie is sonder twyfel die droom van ’n eie huis wat waar kan word.
Die oopplan-leefarea het ’n lekker kaggel vir Worcester se koue winters.
In die kombuis is daar genoeg kaste met ’n ingeboude stoof en oond as bonus vir eerste huiskopers.
Voor die toesluit-motorhuis is daar ’n onderdak-parkeerruimte vir ’n tweede motor.
Vanuit die motorhuis is ’n deur wat toegang tot die huis verleen.
Die opsie bestaan ook om toegang tot agter die huis te verkry deur die motorhuis.
Die agterplaas is gedeeltelik geplavei en daar is ook ’n toegangshek.
Die slaapkamers het ingeboude kaste wat aansluit by die ander kaste in die huis.
Dieselfde vloerteëls is regdeur die huis gebruik. In die badkamer is daar ’n stort en ’n bad.
’n Baie besliste bonus van die huis is ’n groot onderdak- geplaveide vertrek met ’n binnebraai, spesiaal vir die kuier saam met vriende en familie.
Die huis sal ook goed pas vir ’n koper wat wil afskaal.
Die huis het ’n alarmstelsel, alle vensters het diefwering en die deure is toegerus met veiligheidshekke.
Moenie hierdie geleentheid misloop om ’n eie huis te kan koop nie. Skakel vandag nog vir Pieter van Zyl by 082 575 9862 of Seeff by 023 344 3291 om ’n afspraak te maak