’n Groep jongmense gaan onder die leiding van die organisasie New World Initiative ingespan word om pamflette vir ondernemings uit te deel en sodoende word werk geskep.
Dié nieregeringsorganisasie beywer hulle om die breër gemeenskap te help en terselfdertyd werkloosheid te verminder.
Die gemeenskapshulpbronspan, soos die groep jongmense bekend staan, word deur New World en die munisipale gemeenskapswerksprogram (CWP) gelei. Die groep bestaan tans uit agtien jong werklose mense.
Debbie Erasmus, direkteur van New World, sê die groep gaan hoofsaaklik gebruik word vir bewusmaking en om inligtingsessies aan te bied vir mense in die gemeenskap.
“Sakeondernemings kan van die groep gebruik maak om pamflette uit te deel en inligting aan die gemeenskap oor te dra.”
Volgens haar beplan hulle om oor vyf maande ’n groep in Robertson te stig. Hulle hoop om meer ondernemings te kry om van die groep gebruik te maak.
Skenkings van gevestigde organisasies en ondernemings in die dorp sal waardeer word.. Ondernemings en organisasies wat van die groep gebruik wil maak, kan Erasmus by 067 236 6305 kontak.