Die Hoërskool Hexvallei se topmatrikulant skryf sy sukses toe aan die ondersteuning van sy ma.

Jaden Lucas was in 2021 die Hoërskool Hexvallei se duxleerder en het sy matriek met ’n A-gemiddelde geslaag.

Volgens Lucas is sy ma ook sy grootste rolmodel omdat sy baie behulpsaam was gedurende sy matriekjaar.

Hy noem dat die Covid-19-inperking dit baie moeilik gemaak het vir alle leerders. Hy vertel hy het daagliks sy werk deurgegaan om te verseker dat hy alles verstaan. Jaden beoog om vanjaar aan die Universiteit Stellenbosch rekenaarwetenskap te studeer.

Volgens Jaden se skool is hulle baie trots op hom en wens hulle hom alle sterkte met sy toekoms toe.

“Dankie aan almal wat tot Jaden se sukses bygedra het. Jaden het opnuut weer betekenis gegee aan ons skool se leuse, Carpe Diem (gryp die dag). Ons Hexies is baie trots op jou.”

You need to be Logged In to leave a comment.