Altesaam vier gr. 11-leerders aan Worcester Gimnasium was bevoorreg om die ATKV-jeugberaad, wat van 18 tot 21 Junie by Goudini Spa aangebied is, by te woon. Volgens dié leerders was dit ’n ongelooflike ervaring en baie leersaam. Hulle het ook talle nuwe vriende gemaak. Van links is Willem van der Merwe, Janica de Kock, Russouw Grobbelaar en Kristi van Dijk.


Jeugberaad ’n leersame ervaring

You need to be Logged In to leave a comment.