Jong akteurs laat ouers en aanhangers skater

Worcester-Noord Primêre Skool se spoggerige konsert wat onlangs gehou is, was met glorie en glans gevul.


Worcester-Noord Primêre Skool se spoggerige konsert wat onlangs gehou is, was met glorie en glans gevul.

Vanjaar se tema was die Goue Akker-toekennings.

Dié toekennings is verdeel in kategorieë soos: Lekker om ’n kind te wees, lekkerste rugbyliedjie, bring hulde aan vriendskap, verliefdheid, kattekwaad, beste braailiedjie en afskeid en vriende vir altyd.

Leerders het die rolle van bekende persoonlikhede en kunstenaars soos Icona Pop, Steve Hofmeyr, Jack Parrow, Katy Perry, Karen Zoid, en vele meer, op die verhoog vertolk.

Ouers en aanhangers het die aand terdeë geniet. Die skool se nuwe gelukbringer het ook op die verhoog verskyn.

You need to be Logged In to leave a comment.