Hugo Naudé-kunssentrum se graad 12-leerders bied A Night Among the Stars-aand aan 20 Oktober by Klein Teater. Hierdie aand sluit in gr. 12-temaprogramme, die produksie Gretchen en Caroline en die gr. 12-leerders tree ook op as aanbieders.
Die gehoor gaan behoorlik vermaak word deur Shamim Gallie se groep Raak stil & Tokkie.
Die temaprogramme is die praktiese werk wat leerders deur die jaar mee opgetree het vir eksamen. Hierdie programme bestaan uit gedigte, monoloë, en dialoë. Leerders is in groepe van vier opgedeel en elke leerder moet ’n gedig, monoloog en dialoog kies. Die groep sit hierdie gedigte, monoloë en dialoë bymekaar.
Al die verskillende stukke wat gekies is, word deur middel van skakels verbind om ’n eentemaprogram te vorm. Dit vereis baie harde werk, asook baie tyd.
Gretchen en Caroline, geskryf deur Esme-Anne Bennie, is ’n stuk wat handel oor Gretchen Fourie en hoe sy die lewe ervaar.
Hierdie produksie het goud gewen by die Montagu Youth Arts Festival en akteurs soos Rokia Persence en Etlone Nolte het ook dubbelgoud gewen.
Ander akteurs soos Antoinette Steijn en Theo Fourie het baie goeie prestasies onder leiding van hulle uitstekende verhoogbestuurder, Megan Jefferie, behaal asook die beligting en klank wat deur Brenda du Toit behartig is.