Jonk en oud lees lekker aan rugbyklub-geborgde Standard

De Doorns United Rugby Voetbalklub, in samewerking met Nedbank op De Doorns, het verlede week altesaam 1 000 borgkoerante as deel van Standard se lees-en-leerprojek by vyf laerskole en die plaaslike klub vir bejaardes, Klub 60, uitgedeel.

“Die doel van die borgkoerante is om opvoeding te bevorder deur ’n leeskultuur onder kinders te kweek en ook terselfdertyd dankie te sê vir ons ondersteuners,” sê Terence Williams, klubtesourier.

“Ons wil ook dankie sê aan Nedbank vir die bewilliging van fondse sodat ons gemeenskapsopheffingswerk kan doen hierdeur.”

You need to be Logged In to leave a comment.