Dit is met groot dankbaarheid dat Jurg en Beat Reyneke van Trek & Stoor (Removal & Storage Company) terugkyk op hul 21 jaar van groei en dienslewering. Hulle sê: “Ons het vriende gemaak en getrek regoor Suid-Afrika; as ons jou getrek het is ons deel van die familie.”
Trek & Stoor lewer nie net verhuisings- en bergingsdienste nie. ’n Volledige reeks verpakkingsmateriaal is beskikbaar asook ’n verpakkingsdiens deur baie bekwame personeel, insluitend spesiale en waardevolle verpakkings. Die onderneming beskik oor ’n wye reeks vragmotors wat van die heel grootste tot kleinste verhuisings kan hanteer. Die personeel het meestal ’n lang dienstermyn en daar is geen sprake van personeelomset by die onderneming nie.
Kliënte raak gou gemaklik met die spanlede, soos die bekwame langafstanddrywer John Booysen en sy span. Die ander drywers is Blackie en Zen, die pakkers Headman, Pati, Winsor, George, Sekelela, Pro, Shoes, Fish en Lennox (elkeen met goeie ondervinding).
’n Besoek aan die besigheid sal enigiemand verbaas laat om die logistieke kantoor se kennisgewingborde vol kwotasies en inventarisse te sien.
Jurg dink met goeie herinneringe terug aan Jan Kleinhans, wat weens gesondheidsredes in 2015, na 20 jaar in beheer van logistiek, afgetree het. Farrell van der Westhuizen vul nou die pos van logistieke bestuurder met Whinrey Swartz as assistent.
Die administratiewe kantoor word al 15 jaar behartig deur Gerda Cilliers. Die stoor en perseel word behartig deur Johan Wiese en Michael. Sidney is verantwoordelik vir instandhouding van die terrein.
Die ou Willards-gebou in Kronestraat dien vandag as ’n dubbelverdieping-stoorfasiliteit en die terrein maak voorsiening vir sowat 40 vraghouers waarin kliënte hul meubels kan stoor. Jurg vertel dat daar baie goeie sekuriteit op die perseel is wat vir almal gemoedsrus gee.
Indien ’n voornemende kliënt van Trek & Stoor se dienste gebruik wil maak, kan hulle die gebruikersvriendelike webwerf besoek by www.trekstoor.co.za of meer te wete kom op die Facebookblad Trek & Stoor Storage and Removal Company. Die e-posadres is admin@trekstoor.co.za en die landlynnommer 023 347 4092.