Jou diere in veilige hande

Omdat die omgee-span by Worcester Dierekliniek, of Worcester Animal Clinic, weet dat ’n troeteldier soos ’n kind in die huis raak, laat hulle geen steen onaangeroer om die beste sorg vir elke pasiënt te gee nie.

Die praktyk lewer al veeartsenydienste van hoogstaande gehalte sedert 1978 en het daardeur ’n staatmaker geraak vir inwoners met ongestelde viervoet-kinders. Die onderneming se visie is juis om mens én dier met passie te dien. Voeg daarby die troeteldierbenodigdhede en -kos wat hulle verskaf, en troeteldiereienaars het ’n eenstop-dieresorgverskaffer tot hul diens.

Die winkel is weeksdae van 07:30 tot 18:00 oop en Saterdae van 08:00 tot 13:00. Konsultasies word weeksdae gedoen van 08:00 tot 11:00 en van 15:00 tot 18:00, Saterdae van 09:00 tot 13:00 en Sondae en vakansiedae per afspraak, slegs vir noodgevalle. Kontak die praktyk by 023 342 0676, stuur e-pos na wdk1@webmail.co.za of kry hulle op Facebook by Worcester Dierekliniek.

You need to be Logged In to leave a comment.