Vir die meeste ma’s wat voltyds werk, voel dit
mos teen Woensdag of dit al eintlik Vrydag moet wees.

Teen Woensdag het jy al etlike kilometers op
onaardige tye agter verlore sakke aangery, hompe toebroodjies gemaak, voor die
skoolhek geld vir die koekverkoping uit die diepste bodem van jou
‘weduweekruik-handsak’ gegrawe (tussen twee pakke pleisters se afgeskeurde
papiertjies uit).

Dit alles met die linkerhand, terwyl jy die
werk wat jou salaris betaal, met jou regterhand doen. My enkele vriendinne wat –
soort van – heel aan die ander kant van dié ingewikkelde balanseertoertjie
uitgekom het, en wie se kinders nou hul eie potjies krap, sê altyd: “Moenie
bekommer nie, dit gaan ook verby en dan gaan jy verlang na hierdie tye.

“Dis amper soos army: Dis die
lekkerste tyd van jou lewe wat jy nooit weer wil oorhê nie.”

En dit is ongelukkig waar, want is die tyd wat
jy met jou kinders spandeer, nie die kosbaarste tyd van jou lewe nie?

Gooi nou in dié mengsel selfone, rekenaars en
televisie, en die tyd wat ons werklik saam met ons kinders deurbring, krimp tot
die minimum.

Hiermee skeer ek beslis nie almal oor dieselfde
kam nie. Maar gesels ’n mens met ma’s (en pa’s) kom jy agter dat die meeste met
dieselfde probleem sit: Ons voel die tyd met ons kinders word deur die vergrype
van die lewe ingesluk.

Skool, buitemuurs, werk, sosiale lewe,
verpligtinge.
verpligtinge.
Eendag terwyl jy iewers opkom vir asem, besef
jy jou kinders het ontwikkel tot wesens wat jy amper nie herken nie.

Hulle het gegroei en geleer, so half in die
verbygaan. Hulle bak skielik self eiers en reël speelafsprake (waar jy hulle
maar ewe gedweë gaan aflaai).

En dan troos jy jou daaraan dat ’n omvattende
studie wat deur die Universteit van Harvard se Besigheidskool (en ander studies
ook) gedoen is, daarop dui dat die kinders van werkende ma’s op die lange duur
’n baie groter kans op sukses het.

Volgens dié studie het dogters van werkende
ma’s ’n groter kans op sukses en is hul seuns meer empaties.

En voordat alle tuisbly-ma’s nou op my kop
spring, dis wat die wetenskap sê.
spring, dis wat die wetenskap sê.
En ook: dit troos darem die gewete as jy
laataand voor die rekenaar sit en werk, en moet sê: “Mamma kan nie nou nie,
mamma is net gou besig”.

Dit breek soms jou hart, maar as jy moet werk,
dan moet jy werk.
dan moet jy werk.
Dit is soms nodig vir sommige werkende ma’s om
hulself moed in te praat, wetenskaplike studies te lees om hulself te troos en
agter ’n boom in ’n kussing te gaan skree waar niemand jou kan hoor nie.

Dis ’n harde pad. Dis ’n pad vol kritiek en dalk
ook selfverwyt.
ook selfverwyt.
Maar ook: dis ’n pad waar jy wys dat jy as vrou
’n waardevolle en positiewe bydrae tot die werksmag van die land kan maak.

Dat jou hande tel, nie net om jou kinders vas
te hou nie, maar daar ook.
te hou nie, maar daar ook.