’n Aantreklike familiewoning in ’n gewilde, boomryke straat word vandeesweek deur PSD as skouhuis aangebied.
Hierdie goed versorgde huis is stapafstand vanaf die middedorp, skole en hospitale. Ouwêreldse sjarme, houtvloere en ’n mooi tuin kenmerk hierdie drieslaapkamerhuis. ’n Ruim kombuis met baie kaste asook ’n groot spens is ’n besondere bate, terwyl twee leefareas en ’n groot eetkamer met houtvloere ideaal is vir die gesin wat lief is vir onthaal.
Die sitkamer is sonnig en ruim, terwyl die kaggel snoesige winterkuiers verseker.
Die drie netjiese slaapkamers is ruim en elkeen spog met houtvloere en ingeboude kaste, terwyl twee groot badkamers in die gesin se behoeftes voorsien.
Die hoofslaapkamer het ’n uitgang na ’n privaat sonstoep met ’n uitsig.
Die boomryke tuin is goed beplan en onderhou, terwyl ’n groot swembad en braaikamer addisionele waarde toevoeg en ure se genot saam met familie en vriende verseker. ’n Motorhuis asook genoeg parkeerplek vir ekstra voertuie rond die prentjie af. Die eiendom is ten volle omhein met ’n alarm, sekuriteitshek en diefwering. Gemoedsrus is die wagwoord in hierdie veilige hawe!
Moenie die gulde geleentheid misloop om ’n juweel in Paglande te bekom nie. Om hierdie besonderse eiendom te besigtig, skakel PSD vandag by 072 388 1445 of stuur vir ons ’n e-pos na info@propertyselldirect.co.za. Ons hoor graag van jou.