’n Safe Schools-projek is die vakansie in samewerking met Hexpark Primêre Skool gehou. Foto:


Die Roodewal Community Social and Sport Association (Rocsa) het in samewerking met Hexpark Primêre Skool in die vakansie ’n Safe Schools-projek gehou.

Die fokus van die projek was om kinders veiligheidsbewus te maak asook om die kinders oor hul regte te leer.

Wilma Truter van die teengeweld-organisasie Mosaic, asook die plaaslike sektorpolisiëring onder AO Gustaves Baatjes, het die kinders hieroor ingelig.

Jeuggevangenes van Mosselbaai het met die leerders gepraat oor die verskil tussen die lewe buite en binne die gevangenis. Die jongmense is aangemoedig om die regte keuses te maak en hul skoolloopbaan te voltooi.

Die kinders is met speletjies en minisport vermaak.

Volgens Pieter Verhoog van Rocsa was die week ’n reusesukses en hoop hulle om dit die volgende skoolvakansie nog beter te maak.

Colin Ontong, skoolhoof, bedank almal wat ’n bydrae tot die week gelewer het.

You need to be Logged In to leave a comment.