’n Stewige 51 van die altesaam 96 leerders van die eerste gr. 7-klas by Avianpark Primêre Skool het ten spyte van uiters uitdagende omstandighede deurgedruk en die matriekklas van 2019 gehaal. Dit is ’n persentasie van 53,12 vir die Klas van 2014. Die ander 46,88% het ’n graad herhaal of die skool verlaat. Die 51 leerders sluit 34 meisies en 17 seuns in van wie 34 by die Hoërskool Breërivier skoolgaan en een leerder sy matriekjaar in Engels voltooi. Die trotse skoolgemeenskap van Avianpark Primêr en die ouers van die leerders wens hulle sterkte toe vir die komende eksamen.


Klas van 2014 pronk vanjaar in matriek

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article