Honderde ouers het opgeruk om hul woelwaters by ’n sportdag te ondersteun.
Die sportdag, wat Vrydag 4 Maart by die Esselenpark-stadion plaasgevind het en deur Grapevine-forum aangebied is, was ’n groot sukses.
Die sportdag is geopen met ’n gebed deur raadslid Naomi Nel, wat ook die deelnemers sterkte toegewens het vir die dag en ook die ouers bedank het vir hul opkoms om hul kinders te ondersteun.
Sowat 450 peuters het aan die sportdag deelgeneem en sowat 500 mense het dit bygewoon.
Spes Kapot, voorsitter van die forumbestuur van Grapevine, sê die dag was ’n reusesukses. Volgens haar het die verskillende instansies bestaan uit speelgroepe, dagsorg en crèches.
Grapevine se voorsitter sê die organisasie is op 17 Desember 2013 op die been gebring.
Sy sê hulle het sowat 48 instansies onder die sambreel Grapevine Forum.
Die sportdag was die organisasie se eerste geselligheid vir sy nuwe jaarprogram.
Die forum het alle skenkers en rolspelers wat die dag ’n sukses gemaak het, bedank.
Enigiemand wat meer van die organisasie wil weet, kan Kapot by 074 476 3691 of Susan Prins by 060 740 8535 bel.