Die “Color Run”, wat Woensdag 5 November tussen die Hoërskool Waveren en Tulbagh Hoër op Disapark in Tulbagh plaasgevind het, was ’n reusesukses.

Die borrelende gees tussen die leerders en opvoeders van al twee skole kon op die leerders se stralende gesigte en in hul liggaamshouding gesien word. Van die jonger seuns het selfs bollemakiesie geslaan van pure opgewondenheid.

Die Color Run het op die regte tyd geskied en is geïnisieer deur Faezel Karriem, die hoof, en sy personeel ná gesprekke met Andelene Michaels, die hoof van Hoërskool Waveren, en haar personeel. Hierdie idee sluit lynreg aan by die inisiatief van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD): “Transform to Perform (T2P), ’n intervensiestrategie wat die houdings en waardes van alle rolspelers aandurf en die aksies en gedrag van rolspelers in die opvoedingstelsel beïnvloed.

Een van die strategieë wat T2P die hoof bied, is die “Change mindset for teachers strategy”. Die mindsets sluit in Fixed Mindset en Growth Mindset, wat op versoening en verandering dui.

Die Color Run is dus ’n goeie idee aangesien Hoërskool Waveren se leerders na Tulbagh Hoër opruk.

Hoërskool Waveren sal met ingang van 1 Januarie 2022 slegs leerders van graad R tot 7 en Tulbagh Hoër slegs leerders van graad 8 tot 12 kan akkommodeer.

Die doel van die skeiding is ingevolge wetgewing naamlik die laerskool R-7- en die VOO-band. Tulbagh Hoër se naam sal voortbestaan met Afrikaans as medium. Hoërskool Waveren het ongeveer 700 leerders en Tulbagh Hoër ongeveer 180.

You need to be Logged In to leave a comment.