Kleuters bederf met ’n heerlike, gesonde ontbyt

Die eerste Dinsdag ná die bekende groot inkopiedag, Swart Vrydag, staan bekend as #GivingTuesday.


Die eerste Dinsdag ná die bekende groot inkopiedag, Swart Vrydag, staan bekend as #GivingTuesday.

Dit is ook ’n internasionale dag, maar dié keer vir gee en omgee met die doel om na ander uit te reik.

Die Inani-kindervoedingskema in samewerking met ander belanghebbendes het verlede Dinsdag (27 November) kragte saamgespan om die bewaarskool van die Mooigezicht-landgoed in De Doorns se kinders met ’n heerlike, gesonde ontbyt te bederf.

Inani se gelukbringer, Mike the Munchy Monster, het groot pret veroorsaak en die kinders speel-speel daarvan bewus gemaak dat gesond eet ook lekker eet kan wees.

You need to be Logged In to leave a comment.