Kleuters besoek vliegveld

Die kleuters van Gloryland-dagsorg in Roodewal het onlangs die Worcester-vliegveld besoek.


Die kleuters van Gloryland-dagsorg in Roodewal het onlangs die Worcester-vliegveld besoek.

Die vlieënier Erwin Foce het die leerders en hul sewe onderwysers by die vliegveld verwelkom.

Erwin het die kleuters ingelig oor lugvervoer en wat dit behels om ’n vlieënier te word. Hy het sy inligtingsessie met ’n vraag geopen: “Word jy natuurlik as ’n vlieënier gebore of kan jy die vaardigheid aanleer?” het hy begin.

“Om ’n vlieënier te word, is nie te moeilik nie. Almal wat graag in die beroep wil wees sal dit kan bereik met genoeg wilskrag. Niks in die wêreld moet hulle kan keer nie,” het hy gesê.

Erwin het ook die primêre en sekondêre werking en kontroles van ’n vliegtuig vir die nuuskierige kleuters verduidelik. Erwin het gebruik gemaak van ’n modelvliegtuig om die inligting te demonstreer.

Ná afloop van die inligtingsessie kon die leerders nie wag om ’n foto langs ’n vliegtuig te neem om die oomblik vir altyd te bewaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.