Die kleuters van Mother of Many-dagsorg het hul beste uitrustings vir hul debutantebal aangetrek. Voor is Kendal Lukas wat as die eerste prinses aangewys is, Ava Marthinus is as Mej. Debutant gekroon en Jaylique Thops is as die tweede prinses aangewys. In die afdeling vir seuns is Enzeeq Monk as die tweede prins aangewys, Ravin Williams is as Mnr. Debutant gekroon en Caleb-John de Bruyn is as die eerste prins aangewys. Die ouers agter is Luzaar en Retania Marthinus, Clayton de Villiers en Richardene Dreyers. Die skoolhoof, Ursela Williams, het die wenners aangewys.


Kleuters pronk in prag en praal

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article