Klop aan by V&S Verkoeling vir enigiets van ysblokkie tot ysberg

Ondervinding van 37 jaar in dieselfde bedryf is nie iets wat ’n mens aldag teëkom nie. Dit is egter wat kliënte van V&S Verkoeling en Lugreëling tot hul beskikking het wanneer hulle by dié onderneming aanklop.

Die maatskappy voorsien, installeer en herstel lugversorgers, koelkamers, vrieskamers, whirley birds en ander verkoelingstelsels.

Of dit dus eienaars van ondernemings is of mense wat verkoelingsbehoeftes by hul huis het, V&S is gereed om van diens te wees.

Die maatskappy se benadering is eerlikheid, opregtheid en integriteit, wat alle kliënte gemoedsrus gee dat hulle gehalte kry vir die bes moontlike prys.

Kliënte oor die hele Wes-Kaap word gehelp met enigiets van ’n ysblokkie tot ’n ysberg wat versit moet word. “Ons is trots daarop om voort te bou op ’n onderneming wat in 1979 deur Andries Everson gestig is,” sê die huidige span. Sake-ure is Maandag tot Vrydag 07:30 tot 17:00. Skakel 023 342 0458, 079 936 7099 of 082 445 0824 vir meer inligting, of besoek die webwerf www.vensverkoeling.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.