Klopjag was ’n reusesukses

Lede van die Worcester-polisie was Vrydag 21 Januarie op hul pos toe hulle in die gebiede van Riverview- woonstelle, Roodewal en Avianpark klopjagte uitgevoer het.


Lede van die Worcester-polisie was Vrydag 21 Januarie op hul pos toe hulle in die gebiede van Riverview- woonstelle, Roodewal en Avianpark klopjagte uitgevoer het.

Volgens die polisiewoordvoerder AO Vatishwa Jacobs was dit daarop gemik om die misdaad in die dorp hok te slaan en om mense bewus te maak van die polisiebedrywighede.

Gedurende hierdie klopjag, wat Vrydag plaasgevind het, het lede van die teenbende-eenheid in Worcester ’n deursoekingslasbrief vir moontlike dwelms by ’n spesifieke dwelmhuis in Roodewal uitgevoer.

Volgens Jacobs het die polisiebeamptes met hul aankoms die deursoekingslasbrief aan die persoon wat by die huis was, oorhandig, wat toestemming tot die perseel gegee het.

Die perseel is deursoek en 1 978 Mandrax-tablette, vyf halwe Mandrax-tablette en 224 gram tik is in ’n inkopiesak onder die bed gevind.

Vier verdagtes is in hegtenis geneem wat almal Maandag 24 Januarie in die Worcester-landdroshof verskyn het.

Polisievoertuie langs die AA-woonstelblok in Riverview.
Polisiebeamptes by Riverview-woonstelle waar hulle ’n huis deursoek het.

You need to be Logged In to leave a comment.