Hierdie week se toonhuis kan net besigtig word deur Seeff Eiendomme en is ’n knus en snoesige kothuisstyl huis met genoeg ruimte vir ’n gesin se behoeftes.
Die huis bied drie dubbelslaapkamers, twee badkamers, waarvan een en suite is en bestaan uit ’n stort, wasbak en toilet. Die tweede badkamer is ’n volledige badkamer met stort en bad.
Daar is ook ’n lugversorger in die hoofslaapkamer. Die twee ruim leefareas sluit gerieflik aan by die kombuis wat die hart van die huis is. Alle deure en vensters het diefwering en veiligheidshekke en die huis het ook ’n alarmstelsel.
Daar is ’n gerieflike binnebraai-area wat uitleef op ’n geplaveide binnehof en die swembad. Die huis spog ook met mooi ligte, blindings en netjiese afwerkings.
Die netjiese en maklik hanteerbare tuin het sprinkelbesproeiing en is omhein. Die hek is gemotoriseerd vir gerief.
Dié eiendom is beslis ’n besigtiging werd.
Kontak Elmarie by Seeff Eiendomme by 023 344 3291 of 082 663 5010.