Knus skakelhuis vir ’n moderne leefstyl

Hierdie week se toonhuis is ’n knus skakelhuis met die mooiste afwerkings in Kaaps-Hollandse styl en geleë in ’n gewilde area.


Hierdie week se toonhuis is ’n knus skakelhuis met die mooiste afwerkings in Kaaps-Hollandse styl en geleë in ’n gewilde area.

Die hoofslaapkamer het sy eie en suite-badkamer met stort, wasbak en toilet. Die twee ander slaapkamers het toegang tot die tweede badkamer wat bestaan uit ’n bad, toilet en wasbak.

Al die kamers het netjiese ingeboude kaste.

Die oopplankombuis en -leefgedeelte bied genoeg ruimte vir ’n klein gesin of beginners.

Die kombuis het mooi, netjiese en moderne kaste met genoeg ruimte en pakplek.

Die tuin is beheerbaar en die buitebraaiplek bied ’n gerieflike onthaalplek naby die kombuis.

Daar is ’n enkelmotorhuis met ’n afdak en die erf is omhein. Hierdie eiendom is ook ideaal vir toesluit-en-ry. Kom trek net in!

Bel Elmarie by Seeff Eiendomme by 023 344 3291 of 082 663 5010 vir besigtiging.

You need to be Logged In to leave a comment.