Die bekende Afrikaanse kunstenaar, Laurika Rauch, is een van ’n paar bekendes wat einde Januarie by die Jason’s Hill-wynlandgoed se buitelugmusiekskouspel naby Worcester gaan optree.
Makietie, soos die skouspel bekend staan, sluit ook optredes deur Bouwer Bosch en die Kaapstadse musikant, Gerald Clark, in.
Vir ’n gedeelte van haar vertoning sal Laurika op die verhoog bygestaan word deur Loki Rothman.
Besoekers word uitgenooi om vooraf op die grasperk te ontspan en die natuurskoon van die vallei te geniet.
Die hekke open op 28 Januarie om 16:00 en die vertoning begin om 18:00.
Kaartjies kos R180 per persoon en kan by Computicket gekoop word.
Vir meer inligting, kontak Jason’s Hill by 023 344 3256 of info@jasonshill.co.za.