Konstabel word ingenieur

Amré Konstabel, die Hoërskool Esselenpark se topmatrikulant in 2021, wil ’n sukses van sy lewe maak en ander inspireer.


Amré Konstabel, die Hoërskool Esselenpark se topmatrikulant in 2021, wil ’n sukses van sy lewe maak en ander inspireer.

Dié 19-jarige skryf sy sukses toe aan sy ma wat nog altyd “daar was” vir hom.

Volgens Amré is sy rolmodel Leonardo da Vinci omdat hy soveel in die lewe in soveel verskillende beroepe vermag het.

“Hoewel die inperking my leerwerk bemoeilik het, was dit steeds ’n goeie uitdaging om hard te werk en nie fokus te verloor nie.”

Amré beplan om vanjaar aan die Northlink-kollege te studeer om homself as ’n meganiese ingenieur te kwalifiseer.

You need to be Logged In to leave a comment.