HTS Drostdy se koperblaasorkes het die afgelope paar jaar wyd en syd gehore op hul voete gehad met hul uitsonderlik hoë standaard.
Onder leiding van Stephne Krige as afrigter en Pieter Ras as dirigent het die orkes met sy onlangse deelname aan die Tygerberg-eisteddfod nie net 90% (hoogste eerbewys) verwerf nie, maar ook die trofee vir die beste koperblaasorkes verower.
Dit is ’n welverdiende prestasie vir die talentvolle musiekleerders van die skool wat pligsgetrou hul liefde vir musiek uitleef.
. Die orkes bied Saterdag 18 Augustus om 18:00 sy jaarlikse winterkonsert in die Mountain Mill-winkelsentrum se amfiteater aan. Gaskunstenaars by die geleentheid is, onder andere, Robyn Waters en Emilio Lorenzo, asook die HTS Drostdy-skoolkoor. Besprekings kan gedoen word by 023 342 2320.