Krieketspanne meet kragte

Die Breedevallei o. 11- en 13-krieketspanne het vanaf Maandag 7 tot Vrydag 11 Desember aan die Feedem Pitseng-kriekettoernooi in Worcester deelgeneem.


Die Breedevallei o. 11- en 13-krieketspanne het vanaf Maandag 7 tot Vrydag 11 Desember aan die Feedem Pitseng-kriekettoernooi in Worcester deelgeneem.

Altesaam 20 spanne van regoor die Wes-Kaap en Namibië het vanjaar aan dié toernooi deelgeneem.

Spanne het by HTS Drostdy, Worcester Gimnasium, Worcester Primêr en die Worcester-Noord Primêre Skool se sportvelde gespeel sowel as Bolandpark se krieketveld.

Wedstryde was in twee kategorieë gespeel: T20’s en 40-beurt-wedstryde.

In die T20-afdeling het die Feedem Pitseng o. 11 uitnodigingspan koning gekraai terwyl Bellville as die o. 13-wenners gekroon is.

In die 40-beurt wedstryde het Feedem se o. 11-span weer geseëvier terwyl die MJW Cricket Academy die o. 13-kategorie gewen het.

Die Breedevallei het vanjaar vir die eerste keer ook spanne by die toernooi gehad, sê Shafiek Jacobs, hoofkoördineerder en voorsitter van die toernooi. Volgens Jacobs het dié span besonder goed gevaar gesien in die lig dat dit hul eerste ervaring by dié toernooi was.

You need to be Logged In to leave a comment.