Kuber-knou erger ná C-19

Een van die newe-effekte van die pandemie is die kommerwekkende toename in gevalle van kuberafknouery onder tieners uit alle agtergronde.


Een van die newe-effekte van die pandemie is die kommerwekkende toename in gevalle van kuberafknouery onder tieners uit alle agtergronde.

Kuberafknouery verwys na die doelbewuste gebruik van die internet, e-pos, teksboodskappe, kitsboodskappe, sosiale media se webwerwe, aanlyn forums, kletskamers en ander digitale middele om vals, neerhalende of kwaadwillige inligting oor iemand anders te versprei – met die uitsluitlike doel om so iemand te teister, te dreig of te verneder.

Weens die beskerming van anonimiteit wat digitale platforms aan oortreders verleen, het hierdie vorm van afknouery die afgelope paar jaar aansienlik toegeneem.

Altesaam 3,2 miljoen leerders in Suid-Afrika word jaarliks afgeknou. In Februarie is in ’n peiling bevind dat 51,5% van Suid-Afrikaanse leerders die een of ander vorm van kuberafknouery ervaar het. Kuberafknouery kan veroorsaak dat slagoffers aan angs en depressie ly, wat in uiterste gevalle tot selfmoord kan lei.

Jy kan jou kind teen kuberafknouery beskerm deur sy of haar aanlyn en digitale aktiwiteit te monitor. Jy kan dit doen deur eenvoudige stappe te volg, soos om die wagwoorde op sy of haar toestelle te ken en rekenaar- en aanlyn tyd tot ’n gesinsvertrek in die huis te beperk.

Jy kan ook verskillende filters en toepassings aflaai om op toestelle te installeer, soos sagteware vir ouerleiding, wat jou in staat stel om ongewenste inhoud te keer.

Sê vir jou kinders as jy bewus is van kuberafknouery en hulle moet met jou praat as hulle geteiken word; laat hulle voel dit is veilig om dit vir jou te sê.

Hier is ’n paar wenke om te help keer dat niemand geteiken word nie: . Moet nooit persoonlike inligting aanlyn deel nie – die ontvanger is moontlik nie wie hy of sy voorgee nie.. Moenie foto’s van jou of van iemand anders neem wat seksueel van aard kan wees nie. En bowenal, moenie hierdie foto’s deel nie. Die algemene reël is – as jy nie die foto vir jou ouers kan wys nie, moet jy dit nie op jou sosiale media plaas of dit via WhatsApp stuur nie. Jy loop ’n groot risiko dat dit kan uitlek. . Dit is belangrik om (verskillende) wagwoorde op al jou toestelle en platforms te hê en dit met niemand anders as jou ouers te deel nie. Praat met mekaar oor die belangrikheid van respek vir mekaar se privaatheid, selfs al het julle wagwoorde.. Dit is ook uiters belangrik om te onthou as iets op ’n digitale platform gedeel is, dit altyd daar bly; dit gaan nooit weg nie.

As jy weet dat iemand op die internet afgeknou word, moenie met die oortreder kontak maak nie.

Meld dit aan!

Moenie ’n boelie se foto of opmerkings “like”, kommentaar daarop lewer of dit deel nie. Dit dra net by tot die skade wat berokken word.

En, as jy afgeknou word, praat daaroor!

Tekens waarvoor ’n mens moet uitkyk as iemand op die internet afgeknou word, is ’n verandering in gedrag, buie, slaappatroon en eetlus. Hierdie individue onttrek hulle aan familie en vriende en hou op om deel te neem aan aktiwiteite waaroor hulle voorheen mal was. Hulle toon tekens van angs en depressie en kom veral angstig of ontsteld voor tydens of na die gebruik van die internet of hul toestelle.

As kuberafknouery plaasvind, moet hierdie stappe gevolg word: . Moenie reageer nie, veral nie as emosies hoog loop nie.. Moenie aan woede-oorloë deelneem nie.. Neem ’n skermkiekie van die inhoud.. Verwyder jou of jou kind uit die groep of toepassing waar die kuberafknouery plaasvind.. Blok die persoon of groep mense wat afknouers is.. Meld dit by owerhede aan.. Meld dit by die skoolhoof aan as leerders betrokke is, selfs al is dit buite skooltyd.

Besoek www.cwdm.co.za vir nog inligting oor kuberafknouery.

You need to be Logged In to leave a comment.