Kundige diens in plaagbeheer en higiëne

Elsuba, beter bekend as Pest Elite, wat ook Hygiene Elite insluit, is ’n familiebesigheid wat sedert 1996 reeds uitnemende diens aan hul kliënte lewer.


Elsuba, beter bekend as Pest Elite, wat ook Hygiene Elite insluit, is ’n familiebesigheid wat sedert 1996 reeds uitnemende diens aan hul kliënte lewer.

Elize Thiart is die algemene bestuurder en het 10 jaar se ervaring by ’n internasionale plaagbeheeronderneming opgedoen voor sy en haar dogter, Suné (bemarkingsbestuurder) en haar ander dogter, Liezl, se man, Barend Havenga (tegniese bestuurder) besluit het om Pest Elite Pest Control en Hygiene Services te begin.

Pest Elite lewer plaagbeheer aan die huishoudelike, kommersiële en industriële markte. Die onderneming spesialiseer in die lewering van ’n program wat aan internasionale ouditstandaarde voldoen.

Veral die voedselbedryf, insluitend pakmateriaalvervaardigers, voedselprodusente en verpakkers, wynkelders en pakstore word volgens streng standaarde geoudit, waarvan plaagbeheer ’n integrale deel vorm. Die standaarde sluit onder meer in: HACCP, lSO, FSSC, AlB, YUM, lPW, Woolworths en Pick n Pay. Pest Elite bied ook hulp met die hantering van die oudits en gereelde bywoning van kliënte se oudits word deur Suné en Barend hanteer.

Sowat 10 jaar gelede is Hygiene Elite by die suksesresep gevoeg. Dié vleuel van die onderneming is gestig om plaagbeheer en higiënedienste onder een dak aan hul kliënte te bied. Hygiene Elite bied die diens en verhuring van sanitêre dromme, handdroërs, seephouers, toiletpapiereenhede, mediese afval en vele meer.

Die afdeling het oor die afgelope paar jaar toenemend gegroei en het ook nou hul dienste uitgebrei. As deel van die nuwe toevoeging tot dienste aan kliënte bied Hygiene Elite ook nou kleurkode-voedsel-veilige toerusting bv. besems, moppe, squeegees en dromme, asook voedsel-veilige SABS-goedgekeurde chemikalieë vir gebruik in die voedselbedryf, en wat ook by instansies soos skole, fabrieke, kombuise en restaurante gebruik kan word.

Die onderneming bedien kliënte in Kaapstad, Paarl, Wellington, Stellenbosch, Somerset-Wes, Grabouw, Villiersdorp, Bonnievale, Robertson, Montagu, Swellendam, Laingsburg, De Doorns, Ceres, Porterville en Worcester.

Die span by Pest Elite Pest Control en Hygiene Services is soos een groot familie en skryf hul sukses toe aan die ekstra myl wat hulle loop om uitnemende diens aan kliënte te bied.

Besoek gerus die onderneming te Baringstraat 9 of bel 023 347 1590, stuur ’n e-pos na: pestelite@telkomsa.net of besoek hul webtuiste by www.pestelite.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.