Worcester se Tafelronde 68 het weer vanjaar sy gewilde geldinsamelings­projek – Follies – aangebied.

Die Follies, vanjaar gehou op 24 en 25 Oktober, bly tradisioneel ’n hoogtepunt op die sosiale kalender van die Breedevallei en ’n suksesvolle poging om geld in te samel vir die Tafelronde se omvattende liefdadigheidsprojekte.

Die geleentheid is gereël deur die voorsitterspaar Francois en Elmare Conradie en die ondervoorsitterspaar Pieter en Tharina Marais. 

Hierdie jaarlikse fopdossersvertoning lok gemeenskapslede van alle ouderdomme.

Dawie Bester, die sekretaris, sê die gesellige geleentheid het soos oudergewoonte weer vir baie pret gesorg en albei aande is goed ondersteun.

Tafelronde 68 bedank almal wat die aand moontlik gemaak het asook die gaste wat ‘n lekker gees gebring het.

Hulle het ook ‘n spesiale dank gerig aan Helgard Terblanche en sy span wat ‘n uitsonderlike werk gedoen het met die steak-ete.

LEES OOK: Tafelaars gereed vir ‘Follies 2022’

  • Besoek die Facebook-blad, “Worcester Round Table 68” of stuur ‘n epos na [email protected] vir meer inligting rondom die organisasie se gemeenskapsprojekte en hoe om betrokke te raak.

You need to be Logged In to leave a comment.