Op jou merke. Gereed. Weg!
Altesaam 32 laerskole in en om Worcester het die afgelope naweek aan die laerskole-atletiekkampioenskap op Bolandpark deelgeneem. Meer as 150 leerders het vir medaljes meegeding.
Koördineerder Isaac Alberts sê die dag was ’n sukses hoewel die verrigtinge as gevolg van die weer met ’n uur uitgestel moes word.
Alberts het alle ondersteuners bedank vir hulle samewerking.