Sammy Goedeman, Monique Phillips (onderwyser) en Mac-Lizia Jacobs in ’n gr. 4-klas van Roodewal Primêre Skool.Foto’s: Nasifa Sulaiman


As deel van Standard se Lees-en-leerprojek het Mac-Lizia “Moena” Jacobs koerante wat sy geborg het, by twee skole gaan aflewer.

Jacobs is die DA se kandidaat vir die tussenverkiesing wat eersdaags in wyk 10 gehou word. Sy is bygestaan deur raadslid Sammy Goedeman.

Die skole wat koerante ontvang het, is Laerskool Roodewal en Worcester Sekondêre Skool. Die leerders was nie net opgewonde om die koerante te ontvang nie, maar was ook gretig om dit te lees.

Die leerders is gevra waarom dit belangrik is om koerant te lees en hulle was dit eens dit is belangrik omdat ’n mens moet weet wat in jou gemeenskap gebeur.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Worcester Standard School Vibes Issue #3 – 5 December 2025
    Credit: Wynette King

Gift this article