Die ATKV Worcester-gesinstak het onlangs die wenners van sy kunskompetisie aangewys. Die kompetisie het van 15 April tot 12 Augustus geduur.
Leerders van gr. 8 tot 12 in Worcester en omliggende dorpe kon aan dié kompetisie deelneem. Die doel van die kompetisie was om Afrikaans en kreatiwiteit onder hoërskoolleerders te bevorder. Die tema was: “Afrikaans jou lekker ding.”
Leerders moes hul siening van Afrikaans in die vorm van kuns uitbeeld. Enige medium kon gebruik word. Kunswerke was van 30 Augustus tot 9 September in Quenets-arkade uitgestal. ATKV Worcester-gesinstak bedank alle borge en elkeen wat bygedra het om van dié projek ’n sukses te maak. Elke deelnemer word ook bedank en sukses toegewens met hul akademie en aangemoedig om hul talent uit te leef.