Leerders wys hul slag in vaardigheidskompetisie

’n Provinsiale vaardigheidskompetisie word vanjaar van Donderdag tot Saterdag 19 tot 21 September by HTS Drostdy aangebied.


’n Provinsiale vaardigheidskompetisie word vanjaar van Donderdag tot Saterdag 19 tot 21 September by HTS Drostdy aangebied.

Die vaardigheidskompetisie is deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement begin en is daarop gemik om vaardigheidsvlakke te bevorder asook om die aandag op die verskillende beroepsgeleenthede wat vir die jeug van Suid-Afrika in die onderskeie fokusareas bestaan, te vestig.

Deelnemers bestee ure aan voorbereiding, opleiding en om hul vaardighede af te rond.

Die fokusgebiede in die kompetisie is siviele tegnologie (konstruksie), houtbewerking, meganiese tegnologie (sweiswerk), elektriese tegnologie (kragstelsel-ontwerp) en verbruikers- en gasvryheidstudies.

Die hoof van HTS Drostdy, Arthur Underhay, sê vaardigheids­ontwikkeling van leerders is een van die skool se topfokusgebiede en die feit dat die skool reeds so uitstekend presteer as voorste tegniese skool in die Wes-Kaap kan toegeskryf word aan die toewyding, dryfkrag en harde werk van die onderwyspersoneel van die skool en die gespesialiseerde werkwinkels op die skoolkampus.

“Ambagte en beroepsvaardighede is belangrike faktore wat help om die hoë werkloosheidsyfers onder jongmense in ons land te bekamp,” sê Underhay. . Bel die projekkoördineerder, Annamarie Underhay, by 023 342 2320 of die woordvoerder Elaine Marais by 082 822 2771.

You need to be Logged In to leave a comment.