Liplekker-laagkoek lok talle

Amber Voigt en Chandré Konstabel, Worcester se koekbak-celebrities en Wes-Kaapse wenners van die kookprogram Groot Ontbyt-skolekookkompetisie, was baie opgewonde toe vriende, familie, onderwysers en selfs vreemdelinge hulle goed ondersteun het by ’n


Amber Voigt en Chandré Konstabel, Worcester se koekbak-celebrities en Wes-Kaapse wenners van die kookprogram Groot Ontbyt-skolekookkompetisie, was baie opgewonde toe vriende, familie, onderwysers en selfs vreemdelinge hulle goed ondersteun het by ’n koffie-, koek- en teepartytjie by Café Hugo in Q Square.

Ondersteuners het hul lippe afgelek en elke skep van die dekadente seslaagkoek het heerlik gelyk.

Amber en Chandré, graad 12-leerders van Worcester Gimnasium, sê hulle was gelukkig met die hoeveelheid mense wat hulle geluk gewens en spesiaal kom ontmoet het. “Dis goed om te sien mense stel belang in wat ons doen,” sê Amber. “Dis goeie motivering.”

Een van die ondersteuners, Naola de Ruiters, sê nadat sy oor die geleentheid in die Standard gelees het, wou sy dit nie misloop nie. “Die tekstuur en voorkoms is alles puik.” Naola sê sy is trots op hulle en hoop hulle vorder goed in die eindronde.

Amber en Chandré motiveer mense om op die uitkyk te wees vir die eindronde van die kookprogram in Oktober.

Die Groot Ontbyt-skolekookkompetisie word op kykNET kanaal 144 uitgesaai.

You need to be Logged In to leave a comment.