Die jaarlikse loopbaanuitstalling wat gereël word deur die skoolsielkundiges van die Kaapse Wynland Onderwysdistrik (WKOD) en die Kaapse Loopbaanuitstallersvereniging (KLUV) vind vanjaar plaas op Dinsdag 23 Februarie van 18:30 tot 20:00 vir die publiek, ouers en kinders, asook Woensdag 24 Februarie van 08:00 tot 14:00 vir georganiseerde skoolgroepe.
Daar sal ongeveer 40 uitstallers wees wat ’n verskeidenheid van beroepsvelde bekend sal stel.
Dit is volgens die Wes-Kaapse onderwysdepartement ’n unieke geleentheid om leerders aan verskeie beroepsvelde en die wêreld van werk bloot te stel.
Belangstellendes is baie welkom en navrae kan gerig word aan die skoolsielkundiges by 023 348 4600.