Ma wen Oefen-trollie

Die Oefenskool-familie is hierdie jaar uiters trots en opgewonde oor sy nuwe geldinsamelingsprojek, die Fun Trolley Run.


Die Oefenskool-familie is hierdie jaar uiters trots en opgewonde oor sy nuwe geldinsamelingsprojek, die Fun Trolley Run.

Die nuwe projek het eintlik in hartseer omstandighede ontstaan. Vanjaar sal die eerste keer wees waar Oefenskool nie sy jaarlikse pretloop sal hê nie – weens Covid-19-regulasies. “Ons gaan gewis die staptog en samesyn mis,” sê die skool.

“Ons weet egter dat ou idees soms moet plek maak vir nuwes, en juis daarom kan ons skaars ons opgewondenheid in toom hou. Die Fun Trolley Run behels ’n 10-minute-inkopietog van R2 000 by Checkers Mountain Mill Mall vir die gelukkige wenner. Dit beteken vir 10 minute kan die gelukkige wenner enigiets in die winkel in hul waentjie laai – van vleis tot speelgoed of skryfbehoeftes. Aan die einde stap hul glimlaggend met hul inkopies van tot R2 000 huis toe.”

Karin Heradien is Woensdag 12 Mei as die gelukkige wenner aangekondig. Die leerder wat die meeste koeponboekies verkoop het, is ook geïdentifiseer en dit was niemand anders nie as Rubinio Nel in graad R3. Hierdie trotse leerder stap weg met ’n skryfbehoefte-pakkie geborg deur Pick n Pay Mountian Mill Mall.

Heradien het haar Fun Trolley Run-inkoptog Vrydag 14 Mei kafgedraf.

“Ons is dankbaar vir ’n ieder en ’n elk wat hierdie projek ondersteun het. U ondersteuning het Worcester N.G.K Oefen Primêr help geskiedenis maak, nuwe bande smee en ’n huisgesin baie gelukkig gemaak,” sê die skool.

Die skool het ook sy dank aan die borge uitgespreek: . Checkers-Shoprite, wat die die R2 000-koepon geskenk het,. David Hartzenberg, bestuurder van Checkers Mountain Mill, wat hul winkel beskikbaar gestel het om die Fun Trolley Run daar te huisves asook vir sy ondersteuning en bystand gedurende die poging,. Die plaaslike ondernemings De Jagers-uitrusters, Clicks en Pick n Pay Mountian Mill wat verskeie pryse geborg het, . Edson Marthinus, wat sy dienste (foto’s en ’n video) gratis beskikbaar gestel het, sowel as . Lindsay Aries vir die druk van die Fun Trolley Run-koeponboekies.

You need to be Logged In to leave a comment.