Matrieks kan noodsaaklike werksonderving só opdoen

Die Wes-Kaapse premier se program wat internskapsgeleenthede in die verskeie Wes-Kaapse provinsiale departemente bied, bied opwindende geleenthede vir werksoekende jeug.


Die Wes-Kaapse premier se program wat internskapsgeleenthede in die verskeie Wes-Kaapse provinsiale departemente bied, bied opwindende geleenthede vir werksoekende jeug.

’n Probleem wat die werksoekende jeug egter keer op keer ervaar wanneer hulle vir werk aansoek doen, is dat werkgewers vorige werkservaring vereis – en daarsonder is die aansoeker se CV keer op keer onsuksesvol.

Die Wes-Kaapse premier het die ‘Premier’s Advancement of Youth’ (PAY), oftewel die Premier se Jeugbevorderingsprogram, van stapel gestuur in ’n poging om hierdie probleem die hoof te bied en werksoekende jeug die geleentheid te bied om broodnodige werkservaring op te doen. Die beloof om ’n reuseverskil in baie jeugdiges se lewe te maak.

Hierdie program bied jeugdiges die geleentheid om werkservaring binne die Wes-Kaapse provinsiale regering se dertien verskillende departemente se sentra, waar dit ook al in die provinsie geleë is, op te doen.

Die internskapprogram maak voorsiening vir ’n jaar van mentorskap, besluitneming oor ’n toekomstige loopbaan, werkgebaseerde opleiding en blootstelling aan vaardighede en opleiding en ontwikkeling, wat die intern meer werksgereed maak.

Aansoeke vir die PAY-program open jaarliks. Die program bied jeugdiges tussen 17 en 24 jaar oud van werksondervinding en opleiding binne een van die Wes-Kaapse provinsiale regering se dertien departemente van 1 April 2022 tot 31 Maart 2023.

Die kwalifiserende kriteria vir aansoekers is soos volg: 24 jaar oud of jonger; moes die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen in die Wes-Kaap geslaag het; beplan nie om in 2022 verder te studeer nie; Suid-Afrikaanse burger wat in die Wes-Kaap woon; het geen ondersteuningsnetwerk wat kan help om ingeligte besluite te maak nie; onseker wat om ná skool te doen; kom uit ’n huishouding waarvan die gesamentlike inkomste minder as R350 000 per jaar is.

Die intern sal werkservaring in die openbare sektor opdoen; kontakbare verwysings in ’n splinternuwe CV hê; nuwe vaardighede en ondervinding opdoen wat die intern meer werksgereed sal maak; ’n jaar hê waarin ingeligte loopbaanbesluite geneem kan word en toegang tot ’n ondersteuningsnetwerk..Voornemende aansoekers kan aanlyn aansoek doen by https://sayouth.mobi/p/WCDoTP/o/196970. Aansoeke het reeds geopen en sluit Woensdag 26 Januarie. Kry nog inligting by die Harambee-inbelsentrum by 0800 727 272.

You need to be Logged In to leave a comment.