Matrilukante praat met mekaar vir Mandeladag

As bydrae tot Mandeladag het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) op Vrydag 28 Julie 2017 by Artscape 35 matrikulante van verskillende skole byeengebring.


As bydrae tot Mandeladag het die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans (SBA) op Vrydag 28 Julie 2017 by Artscape 35 matrikulante van verskillende skole byeengebring.

Ivor Price, tans bestuurder van sake-innovasie en spesiale projekte by Media24, het as fasiliteerder opgetree vir groepbesprekings rondom temas soos diversiteit, leierskap, gemeenskapsbetrokkenheid en die toekoms van Suid-Afrika.

Die geleentheid is afgesluit deur die huidige Mej. SA Demi-Leigh Nel-Peters wat die leerders toegespreek het en met ’n optrede deur Afrikaanse kletsrymkunstenaar Hemelbesem.

You need to be Logged In to leave a comment.