Hexpark Primêre Skool het onlangs sy Mnr. en Mej. Hexpark Primêr Senior en Junior gekroon.
Die finaliste was stylvol geklee en jy kon hulle deur ’n ring trek.Talle ouers het hul kinders kom ondersteun en hulle aangemoedig.
In die senior kategorie is Genevieve Demas as Mej. Hexpark gekroon, Genevieve Solomons is die eerste prinses en Jaylin Cedras die tweede prinses.
Juwhatlin Daniels is as Mnr. Hexpark Primêr Senior gekroon, Elrich Solomons as die tweede prins en Jaydin Marthinus as die eerste prins.
In die junior kategorie is Chloe Page as Mej. Hexpark gekroon, Anrichia Pieterse as die tweede prinses en Kelly April as die eerste prinses.
Muzzamil Naidoo is as Mnr. Hexpark Primêr Junior gekroon, Rysaad Baardman as die tweede prins en Junaid Roelofse as die eerste prins.